Emoya Estate bied aan Ek Love die Vrystaat 2


Ek Love Die Vrystaat 2

Kom geniet ons tweede "ek love die Vrystaat" konsert en kom vier alles wat die Vrystaat besonders maak saam met ons. Die hele dag is 'n 'ek love die Vrystaat' dag met die hoogtepunt die konsert wat hierdie jaar 12 Top kunstenaars aanbied en ons droogteverhaal van magteloosheid, hoop, vertroue, wonderwerkers en uiteindelike verligting vertel.

Kom neem deel aan die skattejag om die kunstenaars op te spoor en WEN pryse met hul handtekeninge!!

Daar is skyfskiet, neem n wildsrit wat n cheetah ervaring insluit, kom kuier in die teetuin of doen n wynproe. Daar is professionele sterkman en "cage fighting" vertonings, donkiekar resies, rugby op die grootskerm, biertent, lazer tag, "nearest to the pin" golf en kookdemonstrasie met ons singende sjef - Kevin Leo, wyntuin en natuurlik kosstalletjies en ander uitstallers, alles in aanloop tot die konsert met Steve, Karlien, Bobby, Karen Z, Bok, Lianie, Jay, Nadine, Heinz, Hemelbesem, Armand en Kevin Leo as seremoniemeester.

En die BESTE NUUS : Jy kan jou kaartjies bespreek en oor 'n 4 maande tydperk afbetaal.

Kunstenaars:

  • Steve Hofmeyr,
  • Karlien v Jaarsveld,
  • Bobby van Jaarsveld,
  • Karen Zoid,
  • Bok van Blerk,
  • Lianie May,
  • Jay du Plessis,
  • Nadine,
  • Heinz,
  • Hemelbesem,
  • Armand Hofmeyr
  • Kevin Leo as MC

Vir meer inligting:
christa@360promanagement.co.za

Besprekings:
Vir Blok Bespreekings, kontak iTickets by: 086 1000 291 of bespreek nou aanlyn: http://itickets.co.za/events/355474

 

CONTACTS
7 Frans Kleynhans Road
Bloemfontein,9301
051 436 8471/3175
info@emoya.co.za

 

COPYRIGHT ©. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET